Lebenslauf von Susan Klingenberg†

Susan Klingenberg, gebore Landman, is op 17 Oktober 1937 te Newcastle as oudste van 5 kinders gebore. (Sy het egter altyd haar verjaarsdag op 18 Oktober gevier)

Sy is gedoop in die NG Kerk Newcastle deur Ds. Odendaal. Sy het op ‘n plaasskool haar skool loopbaan begin en is vanaf standerd 2 na Utrecht Laerskool. Haar skooljare het in Voortrekker Hoërskool te Pietermaritzburg geëindig.

In 1953 word sy as lidmaat van die Eeufees NG Kerk te Pietermaritzburg aangeneem. Na matriek werk sy in die destydse Volkskas (nou ABSA) te Vryheid en daarna by ‘n Prokureursfirma op Utrecht.

Ps 37v5. Laat jou weg aan die Here oor en vertrou op Hom, en hy sal dit uitvoer.

Op 5 November 1960 tree sy met Herman Klingenberg in die huwelik deur Ds. Jansen met die teks Ps23: Die Here is my Herder niks sal my ontbreek nie. Uit die huwelik word 3 kinders, Johan, Marica en Rudolf gebore. Vanaf datum van huwelik het sy 43 jaar saam met haar man op Paardeplaas gewoon waar sy graag rondgery het om die natuur te bewonder. In Mei 1972 het sy die sig van haar regter oog verloor. In die begin was dit vir haar ‘n groot aanpassing, maar sy was dankbaar teenoor die Skepper vir die genade dat sy nog tot die einde met haar ander oog kon sien. Herman is op 22 Augustus 2003 op die plaas oorlede. In Februarie 2005 het sy na die Paulpietersburg Christelike Aftreeoord getrek.

Op Mei 2013 tree sy met Louis Gevers in die huwelik. Hulle weë het egter geskei, maar hulle het steeds vriende gebly. Nadat sy verskeie kere geval het, is sy na die Pleegsorgeenheid verwys. Op 1 Oktober 2019 vroeg die oggend is sy oorlede in haar slaap.

Danke an unseren lieben Pastor für seine Besuche und Begleitung und Beerdigung. Danke an das Pflegeheim Personal für alle Liebe und Unterstützung. Danke an Dr. Cordula für ihren lieben Dienst in den Jahren. Danke an den Sängerchor, Bläserchor und Organist die den Gottesdienst verschönert haben. Danke an den Grabgräber und alle, die zugeschaufelt haben und auch Dank an den Glöckner. Danke an alle Gemeindefrauen für die Bewirtung und auch den Dumbe Kreis für ihre Hilfe mit den Blumen und dem Laub. Danke an die lieben Frauen die geholfen haben die Kränze zu stecken. Danke für alle Anrufe, Botschaften, Karten und Blumen – es wird sehr geschätzt.

Johan, Marica & Werner, Rudolf und Heidi mit Kindern und Grosskindern