SCHULE LÜNEBURG ATLETIEKSEISOEN

Met groot opgewondenheid verwelkom ons die nuwe atletiekseisoen! Dit is ’n tyd van harde werk, toewyding en gees. Atletiek bied elke leerder die geleentheid om hul talente te ontwikkel, hul fiksheid te verbeter en selfvertroue op te bou. Deur deelname leer ons belangrike lewensvaardighede soos dissipline, deursettingsvermoë, respek en sportmanskap. Of jy nou hardloop, spring of gooi – elke poging en elke verbetering is ’n oorwinning.

Die seisoen skop af met die Panther/Tiger-byeenkoms en groot gees heers oor die pawiljoen. Besonderse prestasies deur atlete vir die dag:

  • 1200 m Beste Seun en Dogter: Christian Filter en Liamarie Gevers
  • Beste velditem: Melissa Meyer (gewigstoot)
  • Mini Victrix Ludorum: Elmi Hillermann
  • Mini Victor Ludorum: Philip Lammerding
  • Junior Victrix Ludorum: Cara Niebuhr
  • Junior Victor Ludorum: Carl Drewes
  • Senior Victrix Ludorum: Zenande Ngema
  • Senior Victor Ludorum: Benjamin Hambrock

Kianca Johannes verbeter hier ook die O/9-meisies se 80 m-rekord met ’n tyd van 11,34 sekondes. Wel gedaan aan elke atleet wat deelgeneem het. Julle is elkeen ons trots!

Hierdie jaar het die Graad R-leerders ook met groot opwinding vir die eerste keer aan hul eie 60 m- en sakresieswedloop deelgeneem.

Volgende aan die beurt is die Interlaer te Schule Wittenberg. Hier wys ons: klein skool, sterk gees, groot sukses! Besonderse prestasies deur atlete vir die dag:

Elmi Hillermann verbeter hier ook die O/8-meisies se 600 m-rekord met ’n tyd van 2:16,78.

Heel laaste op die kalender wag die jaarlikse Deutsches Sportfest te Lüneburg. Hier kom die skole bymekaar vir ’n besonder geslaagde atletiekbyeenkoms, gevul met tradisie, spanbou en gesonde kompetisie. Leerders en atlete het hul beste gegee, mekaar aangemoedig en bewys dat sportmanskap bo alles seëvier. Dit was ’n dag vol energie, vriendskap en trots – ’n ware viering van sport en samehorigheid. Baie dankie aan almal wat bygedra het tot die sukses van hierdie spesiale dag!

Besonderse prestasies deur atlete vir die dag:

  • Junior Victrix Ludorum: Cara Niebuhr
  • Meisterschaftstaffel Mädchen: Lüneburg

’n Besonderse dankie aan elke onderwyser en onderwyseres, asook ons buite-afrigters (Mark en Michelle Filter, Liska Hambrock, Lauriska Hillermann en Renier Steffen), vir julle tyd, motivering en insette in elkeen van ons kinders. Dit word opreg waardeer.

Wen of verloor – die ware oorwinning lê in deelname, deursettingsvermoë en die bou van karakter tot eer van ons Oorwinnaar.

Lauriska Hillerman